Hy was 'n stewige knapie met fris kuite en ronde boudjies. Sy hande en voete was ook groter as die ander seuntjies s'n wat saam met hom in die klas was. Die respek wat hy van die ander as gevolg hiervan afgedwing het, was duidelik merkbaar in hul optrede teenoor hom. Hulle het dit nooit gewaag om sy goed te vat of hom teë te gaan nie. Altyd maar ewe inskiklik en gedwee. 'n Mens sou hom dus seker maar 'n "boelie" kon noem, 'n baie eensame boelie.
Hy was in die koshuis en het maar min geleenthede gehad om huis toe te gaan. Sy pad moes hy vir homself oopveg, altyd maar op die verdedig, altyd maar baie braaf op die uiterlike getakseer, maar diep binne vreeslik, vreeslik onseker. Net maar 'n ou seuntjie wat liefde en aandag broodnodig gehad het, soos ons almal.
In die klas was hy ook maar partydae moeiliker as ander en het dikwels slordig gewerk en nie geluister nie. Een oggend was hy in 'n kwaai bui en wou almal om hom net hiet en gebied en sy wil laat geld. Kort-kort was daar 'n opstandigheid en 'n onrustigheid wat deur hom veroorsaak is. Elke keer het ek maar geduldig probeer vure doodslaan.
Skielik gil die fyn, blonde, brose dogtertjiekind langs hom dit uit!
"Wat nou?"
"Hy het my met die potlood se punt gesteek en dit bloeoeoeoeoeii!" teem sy met 'n kry-my-jammer-voor-ek-doodbloeistemmetjie en die trane biggel uit haar popblou ogies.
My geduld was op. Nou vat ek hom "kleinkamertjie" toe. In al die gradeklasse was daar 'n stoorkamertjie waar mens jou boeke en apparaat en dinge wat van jou 'n beter juffrou kon maak, kon bêre en hier het ek menige kind gratis sielkundige behandeling gegee en soms ook 'n strenge wiks op die boud. Soos brood en konfyt, gesond op sy tyd. Die kleinkamertjie, soos hule dit genoem het, was dus 'n plek wat met groot eerbied en ontsag benader was deur alle Graad Eens.
Ek het agter sy stoel gaan staan en hom driftig aangesê om op te staan. Hy het geweier en terselfdertyd versteen: stokstywe, fris bene reguit voor hom uit, arms vasberade op die tafel voor hom vasgepleister. "Hier gaan ek nie beweeg nie!" het sy hele houding gesê. Sy mond was 'n dun lyn en sy groen oë groot en kwaai starend voor hom uit. 'n Soliede stuk seun van sewe.
"Staan op!" het ek weer probeer. Hy het net meer gedetermineerd op sy stoel vasgemessel bly sit, roerloos. Ek het met my regterbeen en voet die stoeltjie vorentoe gedruk om hom te probeer uitkry, maar verniet. Ek het kwaad geword en hy al harder en stywer en meer moeilik. Met mening probeer ek hom van sy stoel loskry, maar hy SIT. Toe stoot ek hom met stoel en al in die rigting van die gevreesde kleinkamertjie.
Ten einde laaste het hy opgestaan, die stoel eenkant toe gestamp en manmoedig STYF gebly. Toe druk-druk ek hom met my been en voet, my hande op sy skouers om 'n beter greep te kry.
"Jou boude gaan ek looi hoor! Jy maak almal seer!" het ek moedeloos-verby gesê.
Stadig het dié ongewone stoet in die rigting van die kamertjie beweeg, steeds met groot teenstand van sy kant af. Ek het gestoot en hy het gerem. Skielik het sy stywe bene onder hom ingevou en het hy reg agteroor neergeslaan op die harde vloer. Dadelik het daar bloed uit sy agterkop gestroom. Ek het myself vanselfsprekend simpel geskrik en die bloed met die naaste handdoek probeer keer. Dit het net aanhou bloei.
Die ander kleingoed het begin huil, paniekbevange aan mekaar se handjies vasgehou en met groot, bang ogies na mekaar en na my gekyk wat op daardie donker oomblik aan niks betekenisvol kon dink om te sê nie. Dit was die begin van massahisterie.
Ek het sy hand gegryp en hom, al bloeiende, by die klaskamerdeur uitgetrek met 'n vinnige: "Juffrou is nou-nou terug!" Langs ons klas was 'n badkamer. Met toiletpapier en koue water het ek die bloedstroom probeer keer, maar tevergeefs. My groot seun het teen dié tyd ook begin huil.
In my angstigheid het ek al klaar gesien hoe staan daar in groot, swart letters op die voorblad van die koerant:
"Onderwyseres in hegtenis geneem weens moord op weerlose Graad Eentjie."
Ons twee het in 'n rekordtyd die stoep afgehardloop tot by die kantoor. Baie benoud het ek vir die sekretaresse gevra: "Kan jy help met hierdie kind? Hy't op sy kop geval en dit wil gladnie ophou bloei nie!" Sy het my bekommerd aangekyk en teruggevra: "Dink jy nie ons moet jou eers help nie, jy's so wit soos 'n lap!"
Ons het hom siekekamer toe gevat en watte op die bloeiplek gesit, sy hare daar weggeskeer en weer probeer, hom op sy maag laat lê en hom getroos en gepaai. Ek het hom al sy gruwelikhede vergewe en sy hand styf, styf vasgehou. Ek en hy ewe doodgeskrik. Ek het suikerwater gedrink en stadig maar seker opgehou met bew. Hy het opgehou bloei en soos 'n lam ter slagting stroopsoet op die bed bly lê... willoos en slap.
Skielik het ek my seëninge een vir een getel. Ek het besef hoe gou 'n ongeluk kan gebeur, hoe groot 'n Graad Een-Juffrou se verantwoordelikhede regtig is en hoe
e i n d e l o o s g e d u l d i g
'n mens daagliks moet wees.
Onnodig om te sê, saam met die bloedverlies, het driekwart van sy stoutigheid deur die genade ook weggevloei en was die res van die jaar baie meer vredevol en kalm as die dag voor die Groot Skrik. Miskien het my "macho man" ook besef 'n kind wat inskiklik en gehoorsaam is, se lewe is baie meer rooskleurig as dié van 'n opstandige klein wandelende oorlog.
Of dalk, net dalk, het hy besluit: "Met hierdie Juffrou gaan ek nie weer sukkel nie, sy laat mens bloei."

Ai, dit wys jou nou net HOE versigtig mens moet wees in hierdie lewe - jy hoef nie vir moeilikheid te soek nie, dit sal jou self vind! Vreeslik bly om te hoor alles het toe op die ou einde perfek uitgewerk!
ReplyDeleteJanee kyk, ek glo nie ek was al ooit daarna presies weer SO benoud nie! Dankie dat jy kom lees het Maree, ek waardeer dit.
Delete